STILBAAI NUUS - Seagulls Rugbyklub van Melkhoutfontein het die aanstelling van sy afrigters vir die 2024 seisoen bekendgemaak.
Duane Deutchen is weer aangestel as hoofafrigter met Leander October wat sy hulpafrigter sal wees by die A-span.
Peter-John Petersen sal die leisels vat by die B-span en Jaco Pedro is aangewys as afrigter van die C-span.
Voorsitter, Marlin Jansen, het sy volle vertroue in die afrigtingspan uitgespreek en hy is baie optimisties oor wat hulle hierdie jaar gaan vermag.
Die klub is alreeds hard aan die oefen en voornemende spelers word aangemoedig om op die oefenveld uit te kom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’