STILBAAI NUUS - Met hulle professionele benadering poog Seagulls Rugbyklub van Melkhoutfontein om die 2024 seisoen 'n groot een te maak.
Hulle het alreeds in 2023 begin met voorseisoense oefeninge en is hard besig om voor te berei vir 'n suksesvolle 2024.
Die eerste vriendskaplike wedstryd sal plaasvind op 27 Januarie in Melkhoutfontein teen Ladismith Rugbyklub .
Daarna volg nog twee tuis vriendskaplike wedstryde teen Heidelberg Rugbyklub op 3 Februarie en dan op 10 Februarie teen Multisure Crusaders.
Vir die vriendskaplike wedstryde kan kaartjies kontant by die hek gekoop word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’