MELKHOUTFONTEIN NUUS - Beide Seagulls-rugbyspanne het Saterdag 13 Julie skoonskip in hulle wedstryde teen Van Wyksdorp se Black Birds gemaak.
Na 'n rustydtelling van 19-5 in die Seagulls A-span se guns, het hulle uiteindelik met 58-15 geseëvier.
Die wenspan se punte is aangeteken deur W Hendriks wat drie drieë gedruk het, W Adams met twee drieë en R Riddles wat twee drieë bygedra het. C Witbooi en H October het elk een drie gedruk. D Jacobs het met twee doelskoppe en drie strafskoppe die punteprentjie voltooi. Die B-span het rustyd reeds 12-3 voorgeloop en toe die eindfluitjie blaas, het die telbord op 27-3 gestaan. Emile October, Corné Witbooi, Hilton Kortjé en Hyron October het elk een drie vir die wenspan gedruk. Eldon Manho het met twee doelskoppe geslaag en Roland Vermeulen het 'n strafdoel oorgeskop.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoufontein, Hessequa nuus'