MELKHOUTFONTEIN NUUS - Seagulls-rugbyklub van Melkhoutfontein het Saterdag, 25 Junie wraak teen Spring Roses van Oudtshoorn geneem en die besoekers met 67 – 14 verslaan.
Met dié oorwinning het Seagulls hul kanse verbeter om onder die voorlopers in die SWDRU Superliga B in te skuif.
Seagulls was rustyd met 36 - 0 voor.
In die eerste wedstryd van die dag het Seagulls se B-span net-net met 29 - 26 deurgeskuur nadat hulle rustyd met 22 - 19 voorgeloop het.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'