STILBAAI NUUS - Collegians van Oudtshoorn het Saterdag op die harde manier geleer dat jy kom mors nie met Seagulls op hulle tuisveld nie.
Seagulls se A-span het hulle wedstryd oortuigend gewen met 34-15 nadat hulle rustyd voorgeloop het met 20-10.
Die B-span het die tafel vir hulle gedek met hulle oorwinning van 41-5 oor Collegians se B-span.
Seagulls reis Saterdag 13 April na Prins Albert vir hulle volgende wedstryd.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’