STILBAAI NUUS - Die SWD Rugbyvoetbalunie het die ligabepalings vir die tweede helfte van die seisoen bekendgemaak, met die eerste wedstryde wat Saterdag, 11 Julie, afskop. Die eindstryd word op 19 September op Outeniekwapark in George beslis.
Seagulls, wat in die Eerste Liga A-afdeling meeding, speel vyf ligawedstryde voordat die uitspeelrondes begin. Van dié wedstryde is twee tuiswedstryde in Melkhoutfontein, terwyl drie weg van die huis beslis word.
Seagulls se bepalings is as volg:
- 11 Julie vs Collegians in Oudtshoorn
- 18 Julie vs Knysna in Knysna
- 25 Julie vs Uniondale in Melkhoutfontein
- 01 Augustus vs Riversdal in Riversdal
- 08 Augustus 'n loslootjie
- 15 Augustus vs Happy Hearts in Brandwag
- 22 Augustus vs Albertinia in Melkhoutfontein
- 29 Augustus vs Prins Albert in Prins Albert
- 05 September is semi-finale
- 19 September is die finale op Outeniekwapark
Seagulls is teen hierdie tyd al behoorlik uitgehonger vir rugby en sal daarop uit wees om hul goeie vorm van vroeër van die seisoen voort te sit vir hulle wedstryd teen Collegians.
In hul vorige kragmeting op 28 Maart het hulle Collegians in Melkhoutfontein oortuigend met 61 - 17 geklop en in die proses nege drieë ingeryg.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’