ALBERTINIA NUUS - Rangers-rugbyklub het Saterdag 25 November die jaar in die gemeenskapsaal afgesluit.
Van die spelers is ook vir vereer vir hul spel en bydrae vir die afgelope seisoen:
A-span
• Jerome Esau is as sportman van die jaar aangewys;
• Conray Matiso en Keanan Tarentaal deel die trofee vir die meeste driedrukkers;
• Calvyn Kortze was die beste agterspeler.
B-span
• Christo Jantjies is as die sportman van jaar aangewys;
• Conray Michaels was die beste voorspeler;
• Abraham September was die speler wat die meeste drieë gedruk het;
• Jonathan Matiso was die beste agterspeler.
Van links is Fred Karelse (voorsitter), John Alexander, Eric Pietersen (borg), Zenia Windvogel (sekretaris), Christo Jantjies, Gerald Jafta (ondervoorsitter), Christiaan Booysen en Elwin Tenteni.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'