HEIDELBERG NUUS - Die tweede van ‘n reeks vriendskaplike wedstryde van klubs in die SWD-liga het Saterdag, 5 Februarie op Melkhoutfontein tussen Heidelberg en die plaaslike span, Seagulls plaasgevind.
Vir die afrigters was dit ‘n geleentheid om waar te neem waar daar steeds leemtes is, om fiksheidsvlakke te meet, om te bereken en aan te pas of om spelers in die beste posisies te probeer.
Die drie spanne van beide kante het nie teleurgestel nie en goeie rugby was opgedis.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'