RIVERSDAL NUUS - Die rugbyspanne van Hoërskool Durbanville het op 21 April vir die eerste keer met al hul rugbyspanne teen die Bulle op Riversdal meegeding.
Dit was ook die Oakdalers se eerste amptelike tuiswedstryd vanjaar. Afgesien van die o.14A-span het die plaaslike spanne in al die ander wedstryde as oorwinnaars van die veld gestap.
Uitslae
o.14A: 15-28 (Durbanville), o.14B: 28-0 (Oakdale), o.14C: 50-0 (Oakdale), o.15A: 62-0 (Oakdale), o.15B: 72-0 (Oakdale), o.16A: 33-17 (Oakdale), o.16B 47-5 (Oakdale), o.19 A: 39-21 (Oakdale), o.19B: 57-10 (Oakdale) en o.19E vs Durbanville o.19D: 31-10 (Oakdale).
Vier van die Oakdalespanne speel eerskomende naweek teen Affies en EG Jansen op die Wildeklawertoernooi in Kimberley. Die o.14A-, o.15A- en o.16A-span speel Saterdag teen Affies, terwyl die o.19A-span kragte meet met Hoërskool Noord-Kaap.
Op 30 April speel die vier spanne teen EG Jansen. Die o.19A-wedstryd word ook om 09:00 direk op televisie gebeeldsend.
Stephan van der Berg, o.19B.
Etienne Steyn, o.19 A.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'