RIVERSDAL NUUS - Vyftien rugbyspanne van die skool het op 14 April met die spanne van HTS Drostdy op Worcester kragte gemeet. Slegs vier spanne het verloor, terwyl 11 gewen het.
Dit was veral die o.19A-wedstryd wat aanskoulike hardlooprugby opgelewer het met 'n telling wat deurentyd wipplank gery het. Die beweeglike en goed gemotiveerde span was onvoorspelbaar en het dikwels verdediging in 'n aanval omskep om ses mooi drieë te druk.
Die span van HTS Drostdy, met 'n gedugte en swaar pak voorspelers was te alle tye moeilike teenstanders op hul tuisveld en die Bulle moes alles uithaal om die sogenaamde 'Donkies' by die doellyn te stuit.
Oakdale wen hierdie aanskoulike en spanningsvolle wedstryd met 37-34.
Ander tellings
o.14A: 14-12 (Oakdale), o.14B: 7-24 (Drostdy), o.14C: 20-7 (Oakdale), o.15A: 31-5 (Oakdale), o.15B: 42-0 (Oakdale), o.15C: 55-0 (Oakdale), o.16A: 5-17 (Drostdy), o.16B: 14-24 (Drostdy), o.16C: 41-0 (Oakdale), o.19B: 24-29 (Drostdy), o.19C: 26-14 (Oakdale), o.19D: 29-0 (Oakdale), o.19E: 39-5 (Oakdale) en o.19F: 38-7 (Oakdale).
Oakdale speel Saterdag 21 April teen Hoërskool Durbanville in hul eerste tuiswedstryd van die seisoen op Riversdal.
Wedstrydprogram
- De Eike-veld: 08:30 - o.15A, 09:35 - o.16A, 10:45 - o.19B, 12:00 - o.19A.
- Populierbos: 08:30 - o.16B, 09:35 - 0.19C, 10:40 - o.15B.
- Donkerbos: 08:30 - o.14C, 09:35 - o.14B, 10:40 - o.14A.
- De Tuine: 08:30 - Oakdale o.19E teen Durbanville o.19D.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'