ALBERTINIA NUUSFLITS - Die Rangers het Saterdag 14 Julie in ’n SWD Presidentsliga tuiswedstryd vir Black Birds met 59-33 gewen.
Die tuisspan het in die eerste helfte vyf pragdrieë gedruk en die wedstryd reeds met ’n bonuspunt gewen.
Volgens Fred Carelse, Rangers-voorsitter, het die toeskouers waarde vir hul geld gekry met die aanskoulike hardlooprugby wat gespeel is.
Rangers se B-span wen met 40-8 nadat hulle met rustyd met 14-8 voor was.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'