ALBERTIA NUUS - Rangers se rugby-spelers is Saterdag 16 November vereer.
Rejovaan Fortuin het die trofee ontvang vir die meeste drieë wat 'n speler gedruk het, terwyl Nathan Laverlot aangewys is as sportman van die jaar.
Die oorhandiging van trofeë en diplomas het tydens die klub se jaarlikse diplomaplegtigheid in die stadsaal plaasgevind.
Dit is waargeneem deur Shaun Saayman, die hoofafrigter van die A-span. Chris Booysen, ondervoorsitter van die klub, het die hekwagte, kosmakers, baljoggies en die snoepie-personeel bedank en diplomas ter erkenning van hul harde werk oorhandig.
Agter, van links: Michel Kleinhans, Enslin Smith, Shauny Jansen, Nathan Laverlot, Lenesteoy Tarentaa, Abraham September en Keanan Tarentaal. Voor: Shaun Saayman, Jakob Michaels en Hendrik Saayman.
Rejovaan Fortuin het die trofee ontvang as die beste voorspeler en die speler wat die meeste drieë gedruk het.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'