ALBERTINIA NUUS - Die Rangers het Saterdag 7 Julie in 'n SWD Presidentsligawedstryd teen Ladismith behoorlik harde bene gekou.
Volgens Fred Carelse, voorsitters van Rangers, was dit as gevolg van beslissings deur die SWD-skeidsregter, P Arendse wat twee drieë onwettig van hul ontneem het. "Die reëls van die 'spel' was 'n groot onreg en oneer aangedoen deur swak beslissings en kon rugby nie seëvier nie."
Rangers het in die tweede helfte die krane oopgedraai en vier pragdrieë gedruk. Die span wen oortuigend met 36-20 en het ses drieë teenoor die twee van Ladismith gedruk.
A-span puntemakers
Rangers - drieë: Abraham September, linkervleuel, Central Kiewiet, binnesenter, Rolin Jansen, regtervleuel, Alan Samaai, agsteman, Rejouvan Fortuin, flank en Elroy Buis, plaasvervanger. Doelskoppe: Keanen Tarentaal, losskakel (2) en Jonathan Matiso, heelagter.
Ladismith - drieë: Angelo Daniels, binnesenter en Avian Grispe, buitesenter. Doelskoppe: Jeandrian Flink, linkervleuel (2). Strafskoppe: Jeandrian Flink, linkervleuel (2).
Rangers B-span se agsteman, Quinton September het drie pragdrieë gedruk en die skrif was teen die muur vir Ladismith. Rangers wen met 38-8.
B-span puntemakers
Rangers - drieë: Hughwin Kiewiet, buitesenter, Elroy Buis, losskakel, September, agsteman (3) en Jonathan Jantjies, slot. Doelskoppe: Buis, losskakel (4).
Ladismith - drieë: Virgil Opperman, heelagter. Strafskoppe: Roaan Timmie, linkervleuel.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'