ALBERTINIA RUGBY NUUS - Die wedstryd tussen Albertinia Rangers en Arrows van Slangrivier was, soos feitlik al die wedstryde die afgelope naweek in die Hessequa-streek, ook spannend met feitlik geen kans om vooruit te kon voorspel wie met die louere sou wegstap nie.
Die tuisspan hardloop eindelik as die wenspan van die veld in dié SWD-Presidentsligawedstryd met hul telling van 36-34 op die telbord.
Rangers moes alles in die stryd werp en sou waarskynlik verloor het indien Arrows se doelskopper met al hul doele geslaag het.
Rangers se B-span het met 19-3 gewen en 3 drieë gedruk.
Rangers se B-span. Foto: Heinrich Fortuin, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'