RUGBY NUUS - Al drie spanne van Albertinia Rangers het hulle rieme Saterdag, 5 Maart in wegwedstryde teen die gedugte Barbarians van Mosselbaai styfgeloop.
Hoewel die besoekers by tye mooi aangeval het, was die afronding glad nie daar nie en die Barbarians het geen genade betoon nie. Die tuisspan het die drieë soos krale ingeryg en Rangers moes keer vir al wat hulle werd is.
Keanon Tarentaal, losskakel van die A-span is die enigste speler wat punte kon aanteken, en wel met 'n skepdoel.
Rangers, wat die afgelope paar wedstryde goed gevaar het, kon met al drie wedstryde altesaam slegs agt punte teen Barbarians aanteken en moes hulle hard terugkom aarde toe. Die naweek se wedstryde is iets wat hulle gou sal wil vergeet en sal hulle eerder op die ligawedstryde wat eersdaags plaasvind, wil fokus.
Punte (Barbarians eerste)
C-span: 47- 5
B-span: 52-0
A-span: 73-3
Lees vorige artikel:
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'