ALBERTINIA RUGBY NUUS - Rangers-rugbyklub het Spring Roses van Oudtshoorn in die eerste Superliga B-wedstryd tuis op 7 Maart platgeloop.
Hulle het die besoekers met 45-36 geklop en vyf ekstra punte verdien.
Die tuisspan het twee drieë in die eerste helfte gedruk, gevolg deur drie drieë deur die teenstanders, wat die tuisskare met hul mooi hardlooprugby beïndruk het. Die Rangers se skrums het ook teen die besoekers se gedugte agttal vasgeval. Halftyd was die telling 14-19 in die besoekers se guns.
Albei afrigters, maar veral die tuisspan s'n, het hard met hul spanne gepraat. Rangers se reserwes is opgestuur en kon dadelik 'n verskil maak en die wedstryd in hul guns swaai. Die voorspelers het die skrum oorheers, die verdediging kon nie die gate toestop nie en die agterlyn het uiteindelik vyf drieë in dié helfte gedruk.
Jonathan Matiso (2), Calvyn Kortze (2), Ifraim Claasen, Abraham September en Cinerol Kiewiet het die A-span se drieë gedruk. Keanon Tarentaal het die skopwerk behartig. Rangers se B-span het hul wedstryd met 22-3 gewen en 'n bonuspunt verdien.
Rangers speel hierdie naweek 'n wegwedstryd teen Knysna.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'