ALBERTINIA NUUS - Beide spanne van Seagulls Rugbyklub moes Saterdag 5 Augustus in hul laaste tuiswedstryd vir die seisoen op Melkhoutfontein die knie voor Albertinia Rangers buig, wat die besoekers na die kwarteind neem.
Rangers se vlagskip wen hul wedstryd met 29-9.
Die tuisspan het alles in die stryd gewerp om 'n wen voor hul ondersteuners te verseker, maar hul kon net nie die wa deur die drif trek nie. Die besoekers se verdediging was rotsvas en Seagulls kon nie 'n enkele drie aanteken nie.
Rangers se B-span het in alle fasette gevaarlik voorgekom.
Die losvoorspelers, Bobby Manho en Christo Jantjies het die besoekers behoorlik platgevee en was rotsvas op verdediging. Hul wen die wedstryd gemaklik met 29-8.
Rangers speel Saterdag 12 Augustus hul kwarteindwedstryd tuis en 'n klipharde stryd word in die vooruitsig gestel.
Rangers se slot, Ifraim Claassen op pad om sy drie te druk.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'