HESSEQUA RUGBY NUUS - Veertien rugbyspanne het op 6 April met die spanne van HTS Drostdy op eie bodem kragte gemeet. Oakdale het 10 wedstryde gewen.
Dit was veral die o.19A-wedstryd wat aanskoulike hardlooprugby opgelewer het en in 'n naelbytstryd geëindig het. Hulle het hierdie spanningsvolle wedstryd met 42-40 gewen.
Die spanne speel eerskomende Saterdag teen Hoërskool Durbanville in die Kaap voor die A-spanne vir die Wildeklawer-toernooi na Kimberley vertrek.
Puntestand
o.19A: 42-40 (Oakdale); o.19B: 22-21 (Oakdale); o.19C: 10-7 (Oakdale); o.19D: 35-15 (Oakdale); o.19E: 34-7 (Oakdale); o.16A: 54-0 (Oakdale); o.16B: 22-5 (Oakdale); o.16C: 44-0 (Oakdale); o.15A: 31-10 (Oakdale); o.15B: 7-21 (Drostdy); o.15C: 22-5 (Oakdale); o.14A: 5-19 (Drostdy); o.14B: 17-10 (Oakdale) en o.14C: 21-28 (Drostdy).
Oakdale-puntemakers vir o.19A
Drieë: Corné Rahl, Kaylim Cordier, Nico Pietersen, Tino Singe (x2), asook 'n strafdrie.
Doelskoppe: Alwich van der Linde (x2).
Strafskoppe: Van der Linde (2).
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'