HESSEQUA RUGBY NUUS - Vyftien rugbyspanne van die Hoër Landbouskool Oakdale het op 18 Mei in George teen die spanne van onder andere Hoërskole Outeniqua, Knysna en Curro gespeel.
Elf van die spanne het teen Hoërskool Outeniqua kragte gemeet. Dit was veral die A-spanne wat harde bene gekou het teen die Kwaggas.
Die wedstryde was, afgesien van die o.14 A-span wedstryd, baie gelykop en in goeie gees beslis.
Wedstrydtellings
19A: 17-23 (Outeniqua); 19B: 26-29 (Outeniqua); 19C: 17-0 (Oakdale); 19D: 27-0 (Oakdale); 19E vs Knysna 19A: 19-24 (Knysna).
16A: 17-10 (Oakdale); 16B: 27-5 (Oakdale); 16C: 27-10 (Oakdale); 16D vs Knysna 16A: 52-5 (Oakdale).
15A: 17-19 (Outeniqua); 15B: 33-0 (Oakdale); 15C vs Curro: 24-19 (Oakdale).
14A: 0-58 (Outeniqua); 14B: 7-35 (Outeniqua) en 14C: 19-14 (Oakdale).
Na afloop van die Junie-vakansie lê die strawwe tweede helfte van die 2019-seisoen voor en alle wedstryde, afgesien van Marlow, word op Oakdale gespeel.
Die wedstrydprogram lyk soos volg: 13 Julie: Oakdale vs Paarl Boishaai (Oakdale); 20 Julie: Oakdale vs Marlow (Cradock); 27 Julie: Oakdale vs Framesby (Oakdale); 3 Augustus: Oakdale vs Grey College Bloem. (Oakdale) en 10 Augustus: Oakdale vs Boland Landbou - Interskole kragmeting en Akkerfees (Oakdale).
Dirk Jansen van Vuuren (o.19D)
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'