Gallery
MELKHOUTFONTEIN NUUSFLITS - Albertinia Rangers het Saterdag 5 Mei hulself deeglik laat geld in 'n SWD Presidentsliga, Langebergstreekwedstryd deur die jong Seagulls-span op laasgenoemde se tuisveld met 30-17 te wen.
Die wedstryd het in ideale warm toestande voor 'n volgepakte paviljoen en ondersteuners reg rondom die veld plaasgevind.
Rangers het teen rustyd met 17-10 voorgeloop. Heelagter Jonathan Matiso het binne die eerste vyf minute van die wedstryd hul ondersteuners behoorlik op hul voete gehad toe hy die eerste drie druk.
Hyron October van Seagulls het kort daarna die eerste punte vir sy span met 'n drie aangeteken. Wilhelm Sollmans (heelagter) van die tuisspan het voor rustyd een drie verdoel en met 'n strafskop geslaag.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'