ALBERTINIA NUUS - Die o.18-rugbyspan wen Hillcrest met 33-7 op Mosselbaai. Die rustydtelling was 14-0. Hillcrest het hul beste gegee, maar die besoekers se verdedeging was rotsvas.
In die tweede helfte het Albertinia met nog drie drieë geantwoord teenoor Hillcrest se een drie.
Die skeidsregter, Lusanda Mezembe het die wedstryd goed hanteer. Drieë is gedruk deur Nikail Joseph, Jaydeno Michaels, Astihano Remas en Joshwin Saayman (2). Aschaldo Kiewiet het vier drieë verdoel.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'