RIVERSDAL NUUS - Die naweek van 9 en 10 Maart is die jaarlikse Laeveld Agrochem o.13-rugbytoernooi op Oakdale aangebied.
Die 16 laerskoolspanne het veral op Saterdag aanskoulike hardlooprugby gespeel en kon laerskoolafrigters hul spankombinasies vir die 2018-seisoen behoorlik toets.
Dit was skole van SWD wat onderskeidelik teen WP en Boland skole kragte gemeet het.
Laeveld Agrochem belê op hierdie wyse in die laerskooljeug en toon ook hul betrokkenheid by die platteland en landbougemeenskap.
Dit was skole van SWD wat onderskeidelik teen WP en Boland skole kragte gemeet het.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'