RIVERSDAL RUGBY-NUUS - Die twee oudskolierspanne, Oakdale en Boland-landbou het op 17 Augustus voor aanvang van die interskole mekaar die stryd aangesê. Vooraf was daar goeie sportmanskap en ou vriendskapsbande wat hernu is.
Dit sou oënskynlik uitloop op 'n wedstryd van lae tot gemiddelde intensiteit. Groot was die skare se verbasing toe die oudskolierwedstryd 'n toonbeeld van passie, spoed en vaardighede was.
Dit was veral spelers soos Jurg Streicher, Kobus en Wicus Louwrens, Thys Rall en Boetie Britz wat weer hulle slag gewys het. Marco Botha het die wedstryd geïnisieer en reëlings gekoördineer.
Elkeen was dit eens dat dit heerlik was en dat hierdie 'n nuwe tradisie moet wees wat elke jaar op Oakdale tydens interskole voortgesit moet word.
Oudskolierespan van Oakdale, bekend as die Coco Theron XV-tal, wat met die wedstryd 'n nuwe tradisie begin het.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'