ALBERTINIA NUUSFLITS - Die plaaslike rugbyspan, wat as die gunstelinge beskou was, het Saterdag 17 Maart byna weer aan die kortste end getrek en moes alles in die stryd plaas om Riversdal Dorp met 14-10 in 'n wegwedstryd te klop.
Riversdal se agterlyn het met pragtige agterlynbewegings twee pragdrieë in die eerste helfte aangeteken. Ricardo Goliat en Frederick Pietersen het die tuisspan se punte met 'n drie elk op die telbord gesit.
Rangers kan hulself gelukkig ag vir die vorentoe aangee van Riversdal in die laaste twee minute van die wedstryd.
Rangers se B-span het hulle opponente oortuigend met 33-0 geklop. Die heelagter, Abraham September het twee drieë gedruk en altesaam 20 punte vir sy span aangeteken.
Hy is as speler van die wedstryd aangewys.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO: HEINRICH FORTUIN, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'