Video
RUGBY NUUS EN VIDEO - Nog 'n span uit die SWD-streek gaan nou deel uitmaak van die Paasnaweektoernooi van die Ebrahim Patel-gemeenskapsbeker wat in George plaasvind.
Romano Lekay, die organiseerder, het vanmiddag die laaste twee spanne aangekondig - Bridgton van Oudtshoorn en Robertson (Town), die huidige Boland-klubkampioen.
Die ander spanne wat vroeër aangekondig is, is Groot-Brakrivier, Safcol United, Gardens RFC, St George's RFC, Heidelberg en Harlequins van Gqeberha.
Ondersteuners kan uitsien na opwindende wedstryde en moontlike verrassings deur opkomende sterre.
Klik hieronder vir die volledige onderhoud met Romano Lekay, die organiseerder:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’