HESSEQUA NUUS - Drie rugbyspanne uit Hessequa het na die halfeindstryde in die SWD se senior klubkompetisies deurgedring.
Heidelberg, wat in die Super A-afdeling meeding, het vir Bridgton van Oudtshoorn met 45 – 0 kafgedraf en kom nou op 1 Oktober teen Progress van George op hul tuisveld te staan.
N die Super B-afdeling het Riversdal Blues hul plek in die semi‘s bespreek met ‘n puik oorwinning met 34-5 oor Collegians van Oudtshoorn terwyl Seagulls ‘n naelskraapse oorwinning met 18-17 oor Knysna United behaal het.
Seagulls pak vir Albertinia Rangers terwyl die Blues teen All Blacks (Outshoorn) te staan kom.
Die halfeindstryde word op Saterdag 1 Oktober afgehandel.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'