ALBERTINIA NUUS - Vier dominoklubs in die Hessequa-streek het 9 Junie weer mekaar die stryd aangesê in Albertinia.
Klipdrifthoogte het teen Western Flyers kragte gemeet en hulle wedstryd gemaklik 65-35 gewen. Die Riversdallers het geen genade getoon nie want Piet Witbooi en Niel Januarie was op hul gevaarlikste.
Hulle het altesaam 30 punte aangeteken. In die ander wedstryd het Supersterre met Griekwas van Albertinia afgereken en naelskraap met 39-36 weggekom.
Die wedstryd was tot aan die einde in die weegskaal, maar Supersterre het met die oorwinning weggestap.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'