RIVERSDAL NUUS - Riversdal-rugbyklub gaan sy algemene jaarvergadering op Donderdag 13 Oktober om 19:00 in die klubhuis by die Riversdal-stadion hou.
Enigeen is welkom om dit by te woon.
Die klub is ook op soek na 'n nuwe afrigter vir die 2023-seisoen ná die bedanking van Jayden Scholtz, wat die spelers vanjaar gebrei het. Riversdal het vierde in sy liga (SWD Eersteliga-Wes) geëindig.
Belangstellendes kan hul CV's stuur na die voorsitter, Thurlow Herdien by thurlowherdien@gmail.com of die ondervoorsitter, Jaysen Pieterse by jaysenpieterse7@gmail.com.
Vir telefoniese navrae bel Thurlow by 064 291 593 of Jaysen by 078 549 6678.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'