HESSEQUA NUUS - Rugbyentoesiaste wat hulle naweek wil beplan, moet kennis neem dat geen wedstryde Saterdag, 28 Mei in die SWDRU Superliga A plaasvind nie.
Daar sal wel twee wedstryde in die Superliga B gespeel word, asook een in die Eersteliga-Wes omdat dit vroeër om verskeie redes uitgestel was.
• Superliga B: All Blacks teen Knysna United en Collegians teen Thistles.
• Eersteliga-Wes: Young Roses teen Riversdal Dorp.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'