Dié eer kom hulle toe nadat hulle Hoërskool Uniondale in die finaal van Die Burger skolekompetisie met 54-7 afgeransel het.
Nou wag die Oostelike Provinsie-wenner, Ndzondelelo High School in Port-Elizabeth op die Dasse in die semi-finaal van die kompetisie. Indien hulle hierdie wedstryd wen, speel hulle Saterdag, 31 Augustus in die finaal teen die wenner van WP/Boland in Kaapstad.
Die skool is trots op hulle en wens hul sterkte toe met die uitspeelwedstryde.
Die Dasse se eerste rugbyspan met mnr. Herman Maartens (links) en die hoof, mnr. Piet de Villiers (regs).
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'