RIVERSDAL - Een van skolerugby se groot hoogtepunte van die jaar breek vanoggend (Saterdag 18 Mei) aan wanneer die bulspanne van Hoër Landbouskool Oakdale en Hoërskool Outeniqua mekaar hier in Riversdal aandurf.
Twintig wedstryde word op die rugbyvelde De Eike, Populierbos, Donkerbos, Tenn Damme en De Boord afgehandel. Die eerste wedstryde het reeds om 08:30 afgeskop.
Die grote van die dag is die o.19A's se kragmeting tussen die Bulle en die Kwaggas. Die groot vraag is: gaan die Bulle die Kwaggas karnuffel of gaan die besoekende Kwaggas die hardste skop? Maar dié antwoord sal so skuins na
14:00 beantwoord word.
Die hoofwedstryd begin om 13:00.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’