- Die voorspelers was meesal bielies, veral in die eerste fases, Die grondslag van meeste van hul oorwinnings is hier gelê. Maar teen die topspanne kon hulle nie 'n deurslaggewende greep kry en hul teenstanders stadigaan tot oorgawe dwing nie.
- 'n Hele paar jonger spelers - veral dié wat uit die SWD-klubs getrek is - het nou 'n goeie proesel van senior rugby gekry en waardevolle ondervinding opgedoen. Hou maar spelers soos Janneman Stander, Kirsten Heyns. Luzuko Vulundli en Marius Fourie vorentoe dop.
- En die ouer hande soos Elric van Vuuren, Martin du Toit. Alshuan Bock, en natuurlik Schalk Oelofse, het telkens hul waarde vir die Arende bewys, veral in die knyptang-situasies.
- Swak besluitneming en verbroude skoppe pale toe het die Arende duur te staan gekom. Tog het hulle bewys dat hulle mededingend op dié vlak is al speel hulle die dag vrot.
- Die verdedigingspatroon het soms uitge-rafel en was nie altyd op standaard nie.
ARTIKEL: HUGO REDELINGHUYS, GEORGE HERALD SPORT REDAKTEUR.