HESSEQUA RUGBYNUUS - 'n Gemengde rugbyspan wat uit spelers van Oker Primêre Skool en Hoërskool Albertinia bestaan, het op 12 Mei teen die Hoër Landbouskool Oakdale se o/14D-span kragte gemeet en met 22-15 gewen.
Die vriendskaplike wedstryd het op die Albertinia-sportgronde plaasgevind.
Geen toeskouers was by die wedstryd toegelaat nie en alle Covid-19-regulasies is nagekom.
Vir die gemengde span het Tyrone Simsons, Bronwyn-Lee Buis, Deon Olifant en Rayden Dilman drieë aangeteken.
Keenan Ruiters het een drie verdoel.
Mika Smith en Daniël Kolver het elk 'n drie vir Oakdale gedruk. Die res van hul punte is met 'n straf- en doelskop aangeteken. Volgens die afrigters en onderwysers kon die jong span nie uitgepraat raak oor die wedstryd nie.
Albertinia se gemengde span en Oakdale na afloop van die wedstryd. Foto: Heinrich Fortuin
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'