ALBERTINIA RUGBY NUUS - Die plaaslike rugbyklub het Saterdag die besoekers van Riversdal in 'n vriendskaplike wedstryd ore aangesit.
Rangers se A-span het met 65-13 geseëvier in 'n kragmeting waartydens 11 drieë gedruk is. Vyf hiervan is ook verdoel.
Wilfred de Koker en Claudio Ntozini se spel het aandag getrek, terwyl die voor- en agterspelers hulle ook goed van hul taak gekwyt het.
Rangers B-span het ook hul wedstryd met 19-11 gewen. Angelo Uithaler het vir twee drieë gesorg en met twee doelskoppe geslaag. Hy was vir 14 van die 19 punte verantwoordelik.
Uithaler is ook vir die A-span van die reserwebank af geroep en het 'n drie aangeteken.
Rangers se volgende wedstryd sal teen Groot-Brakrivier wees.
Henry Kleinhans. Foto’s: Heinrich Fortuin, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'