ALBERTINIA RUGBYNUUS - Rangers bly onoorwonne in die SWD President-rugbyliga.
Rangers het die Riversdallers Saterdag 18 Mei in 'n naelskraapse oorwinning met 27-20 op Riversdal gewen. Die tuisspan het dit nie vir die besoekers maklik gemaak nie en Rangers was gelukkig om dié een te wen omdat 'n paar van die sleutelspelers nie kon speel nie.
Die spelers het egter hul plekke volgestaan en Jonathan Matiso se goeie balverspreiding en pragtige drie het hom speler van die wedstryd gemaak.
Werner Manho (kaptein) het sy span goed gemotiveer en 'n pragdrie in die laaste paar minute het die tuisspan gesink.
Rangers se B-span het hul wedstryd met 'n bonuspunt met 53-14 gewen, wat hul afrigter, Shuan Saayman breed laat glimlag het. Die span speel week ná week baie aanskoulike rugby.
Albertinia Rangers se A-span in vrolike luim ná hul oorwinning. Foto: Heinrich Fortuin, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'