ALBERTINIA NUUS - Rangers se vlagskip het Saterdag 1 Junie in 'n SWD Presidentsliga tuiswedstryd vir Zoar met 83-12 kafgedraf.
Die rustydtelling was 47-12 in Albertinia se guns.
Die tuisspan het hul ondersteuners met briljante hardlooprugby vermaak en 13 drieë gedruk. Zoar het alles in die stryd gewerp om die Rangers in toom te hou, maar hulle was onstuitbaar.
Jonathan Matiso het weereens uitstekende spel gelewer en is as speler van die wedstryd aangewys. Die driedrukkers was Jerome Esau en Jonathan Matiso (2 elk), Alan Samaal, Werner Manho, Ifriam Claasen, Hogan Nomdo, Rejovaan Fortuin, Abian Riddles, Conrey Matiso, Danvill Matthee en Joswine Saayman. Die B-span het weer 'n vyftigtal aangeteken en het 8 drieë gedruk. Abram Jantjies (3), Aughwin Kiewiet, Kale-Lee Duitser, Enslin Smith, Henry Kleinhans en Stuart Morris was die driedrukkers.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'