Na afloop van die byeenkoms is Windt as Senior Victor Ludorem aangewys. Sy puntetotaal van 2298 is ook `n nuwe byeenkomsrekord.
Meer as 400 atlete, insluitende van Suid-Afrika se top tweekampatlete het aan die byeenkoms deelgeneem.
Atlete het hierdie byeenkoms gebruik om te skaaf vir die komende Suid-Afrikaanse kampioenskappe wat vanjaar vanaf 4 tot 5 April in Potchefstroom plaasvind.
Boland het vanjaar se spankompetisie gewen, gevolg deur WP, OP en SWD in die vierdeplek.
Die top atlete van die byeenkoms is:
Junior Victor Ludorem: William Kruger (Boland: 2326 punte)
Junior Victrix Ludorem: Kelly Vroom (WP: 2345 punte)
Senior Victrix Ludorem: Ilse Beukmand (Boland 2498 punte)
SWD atlete wat goud medaljes verwerf het, was: D.o11 Trisha Pollicutte 2211; S.o11 Deon Horne 2111; S.o13 George Marais 2312; Meesters Mans: Johan Windt 2298; Dames Sen Veterane Margi O' Connor 2198
Silwer: S.o11 Jurie Geldenhuys 2086
Brons: D.o11 Selma du Preez 2200; D.o13 Hannah Kiley 2278; D.o15 Yvonne du Plessis 2309; Mans Veterane Chris van Wyk 2261
Die volgende ligabyeenkoms vind plaas om 18:00 op 11 Februarie by Hoërskool Outeniqua op George. Vir meer inligting kontak Dave van der Walt by 082 7734901.
SWD het `n algeheel vierde plek in die spankompetisie behaal by die tweede grootste tweekampbyeenkoms in die land. Foto: Jo-Marie de Kock