HEIDELBERG NUUS - Heidelberg-rolbalklub is in ‘n unieke rolbal-krieketliga gewikkel.
Mens sou nooit kon dink dis moontlik om dié twee sportsoorte te kombineer en op een slag as ‘n sosiale liga te beoefen nie, maar dit word hier met sukses gedoen.
Die spel vind steeds op die rolbalbane plaas. 'n Kring word met meel op die baan getrek, die witbal (jack) word dan in die middel van die kring geplaas en dien dan as die krieketpaaltjies.
Die speler wat die bal die naaste aan die witbal rol, neem so 'n paaltjie. Indien 'n bal buite die kring stop word vier punte aan die teenstanders toegeken.
• Lees meer aanlyn en in Suid-Kaap Forum.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'