Gallery
RIVERSDAL NUUS - Hoewel die 560 kg-toutrekspan vanjaar die knie moes buig teen HTS Drostdy wat die goue medalje gewen het, het Oakdale se toutrekspanne steeds een goud, twee silwer- en twee bronsmedaljes verwerf tydens die SA kampioenskap in Kimberley.
Dit was veral die 440 kg A-span wat beïndruk het met hul deelname en 'n goue medalje verwerf het.
Die res van die spanne se uitslae lyk as volg: 600 kg A ( silwer), 560 kg A (brons), 480 kg B (brons), 400 kg A (silwer) en 440 kg A (goud).
Agter, van links: Mnr. Piet Lourens (afrigter), JJ van der Vyver, Janu de Swardt, Kirstein Möller en Estiaan Steyn. Voor: Dewald le Grange, Donald Hayes, Petrie Frick, FC Kriel en Hanro van Rooyen.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'