Update Video
RIVERSDAL SPORTNUUS EN VIDEO - Tafeltennisspelers van regoor die provinsie het op Saterdag, 6 November na die Thusong-sentrum op Riversdal gereis vir die plaaslike klub se jaarlikse, vriendskaplike toernooi.
Dié klub het in 2012 sy ontstaan gehad. Aanvanklik het die spelers net teen mekaar geoefen, maar met verloop van tyd het hulle na ander dorpe vir wedstryde gereis en selfs ander klubs genooi om plaaslik te kom speel.
Van hulle spelers het die SWD al selfs by die Suid-Afrikaanse kampioenskap verteenwoordig.
Van die klubs wat Saterdag deelgeneem het, was vanaf Port Elizabeth, Graaff-Reinet, Knysna, George, Mosselbaai, Oudtshoorn en selfs Stellenbosch afkomstig.
Die uitslae was teen druktyd nie bekend nie.
Die bestuur nooi belangstellendes, maar veral jongmense om by die klub aan te sluit. Kontak die voorsitter, Philip Hendricks (072 996 4554).
VIDEO: Tafeltennisballe bons weer
Spelers van verskeie klubs in die Suid- en Wes-Kaap het aan die toernooi deelgeneem.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'