Op 'n vergadering gehou op Maandag, 12 Augustus in die Thusong sentrum, is die volgende bestuurslede verkies: Ronel Fielies (voorsitter), Armand Conradie (onder-voorsitter), Llewellyn Booysen (sekretaris), Rupert Weber (tesourier), Wilma Adamson (media skakelbeampte), Eathan du Preez en Philip Hendricks (addisionele lede).
Tot in hierdie stadium het die klub slegs sosiaal gespeel, maar die beplanning is om so gou moontlik te affilieer om in 'n liga opgeneem te word.
*Persone wat belangstel om by die klub aan te sluit, kan Fielies skakel by 078 318 0064.

Die bestuurslede is van links Llewelyn Booysen, Philip Hendricks, Armand Conradie, Ronel Fielies en Eathan du Preez. Rupert Weber was afwesig en Wilma Adamson het agter die kamera gestaan.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'