Update
STILBAAI SPORT NUUS - Dié kusdorp se hengelklub het die beste gevaar in die Eden-hengelvereniging se vierde kompetisie wat op 23 November by Boggomsbaai gehou is.
"Die toestande vir hengel was gunstig vir en Stilbaai-hengelklub het daarin geslaag om 191,34 punte bymekaar te maak," sê Banie Vermeulen, mediawoordvoerder.
Die deelnemers het by Stoepsit Restaurant bymekaargekom en van 07:00 tot 15:00 gehengel.
Die grootste oneetbare vis, 'n swart rog van 58,12 kg is deur Elmaine Terblanche van Atlantic-hengelklub ingeweeg. Die grootste eetbare vis, 'n kabeljou van 8,46 kg is deur Alex Schmidt van Triton-klub op Mosselbaai geland.
Terblanche, met 66,36 punte, was die tophengelaar van die dag. Hennie Klein van Atlantic-klub in George was met 14,47 punte die topmeester. Antoi Forbes van Plett-hengelklub was met 33,89 punte die topdame, Dehan Rall van Triton-klub was met 37,11 punte die top o.21 hengelaar en Juanco Boshoff was met 26,71 punte die top o.16-hengelaar. Lynton Wood van Plet-klub was met 20,85 punte die topgrootmeester.
Uitslae
A-liga: Stilbaai 504,34; Outeniqua 487,96; George 422,70; Plett 372,02; Atlantic 335,02; Triton 287.34; Mosselbaai 118,74.
B-liga: Outeniqua 286,03; Triton 206.42; Plett 140,41; Stilbaai 107,41; George 80,84; Atlantic 74,06; Mosselbaai 61,29.
C-liga: Outeniqua 73,56; Triton 61,00; George 24,68; Plett 5.01.
Die volgende kompetisie vind op 25 Januarie 2020 plaas.
Elmaine Terblanche met ’n swart rog van 58,4 kg.
Lees 'n vorige artikel: Stilbaai-hengelaars die beste
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'