STILBAAI NUUS - Die Kekkel en Kraai-borgdag wat op Saterdag 9 Desember gehou is het in heerlike koel weer plaasgevind.
Daar is meegeding om groot pryse en daarna is daar heerlik saam gekuier.
veertien spanne het in die kompetisie meegeding.
Al die kompetisies vind nou op die onderste baan plaas aangesien die boonste baan onder konstruksie is.
Al die gras is verwyder en die baan word nou gelyk gemaak.
Dit behoort oor ongeveer twee tot drie maande weer gereed te wees vir spel.
Uitslae
1. Ben Foord (lei), Anita Linde (tweede) en Danie Botes (skip).
2. Tony van der Walt (lei), Kita de Jager (tweede) en Piet Breedt (skip).
3. Marie Steyn (lei), Sarie du Plessis (tweede) en Stefanie Visagie (skip).
Just Bowls
Die Just Bowls-dag op Stilbaai-rolbalklub Woensdag 6 Desember het onder winderige toestande plaasgevind.
Kekkel en Kraai-borgdag se wenners is van links: Ben Foord (lei), Anita Linde (tweede) en Danie Botes (skip). Mariana van der Walt het die pryse oorhandig.
Die klubpresident, Mariaan van der Walt, het die pryse namens die borg, wat verkies om anoniem te bly, oorhandig.
Die wenners is Dougie Saayman (lei), Gerald Enright (tweede) en Monica le Roux (skip).
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'