STILBAAI NUUS - Van die 14 spanne was vyf van Stilbaai, drie van Hartenbos, twee van Mosselbaai en een elk van Riversdal, Sedgefield, Heidelberg en Witsand.
In perfekte weer het Piet Roodt, Piet Linde en Hennie Smit van Stilbaai met die louere weggestap.
In die tweede plek was dit Marco Nel, Hendrik Boshoff en Bertu Nel van Mosselbaai.
In die derde plek was dit Piet Robbertse, Johan Greyling en Wessel Potgieter, ook van Stilbaai.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’