STILBAAI NUUS - Vir die volgende paar weke gaan daar weer heelwat aksie by Stilbaai-rolbalklub se bane wees nadat die tweede aksierolbaltoernooi van 2025 Donderdagaand, 23 Oktober, afgeskop het.
Vir die eerste aand se wedstryde is name uit 'n hoed getrek om te bepaal wie teen wie gaan speel, maar van Donderdag 30 Oktober af is dit krag teen krag om te bepaal wie uiteindelik met die trofee gaan wegstap.
Met name soos Ninja Turtles, Sharp shooters, The Heist, Super Hot Cherries, Fire Balls en Nat Papaja het die spanne verseker baie aandag gegee aan detail en wat die drag aanbetref het Goukou Lager en Roman Security weereens aandag getrek.
Die Buffels het Donderdagaand die meeste punte bymekaargemaak en 'n prys gewen, maar hierdie voormalige kampioene het blykbaar teen 'n baie onervare span gespeel en volgende Donderdag sal dit moeiliker gaan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’