RIVERSDAL SPORTNUUS - Riversdal-rolbalklub se sosiale liga het Donderdag, 5 November tot 'n einde gekom. Spelers het in drie afdelings in finale rondtes teen mekaar meegeding.
In afdeling A het die Riemuskiete teen Vichen gespeel. Agri A het die Platklowers in afdelings C die stryd aangesê, terwyl Hunters en Postnet die balle gerol het om 'n wenner in dié kategorie te bepaal.
Al die ander spanne wat nie die finale rondtes gehaal het nie, het gisteraand se spel geniet deur vriendskaplike wedstryde teen mekaar te speel.
Die liga het Maart begin, maar is deur die Covid-19-pandemie gekniehalter. Op vlak 1 van inperking is spel voortgesit.
Die wenners sal vandag (Vrydag, 6 November) aangekondig word.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'