RIVERSDAL NUUS - Die somerinterskole tussen Oakdale en Boland Landbouskool is sedert 1 Februarie op Riversdal aangebied.
Donderdagmiddag is met vier spanne in tennis meegeding, Vrydag met ses spanne in krieket en Saterdag is die interskole-atletiek aangebied.
Oakdale was veral baie suksesvol in tennis en atletiek, terwyl slegs die o.15B- en o.15C-krieketspanne hul wedstryde kon wen.
Uitslae
Tennis:
- Oakdale o.19A wen 4-2; o.19B verloor 1-5;
- o.15A wen 4-2 en o.15B wen 6-0.
Die Oak-dale-tennisakademie dra by tot tennissukses.
Krieket:
- Oakdale o.19A verloor met 44 lopies;
- o.19B verloor met 5 paaltjies;
- o.19C verloor met 5 paaltjies;
- o.15A verloor met 5 paaltjies;
- o.15B wen met 85 lopies en
- o.15C wen met 9 paaltjies.
Die atletiek toppresteerders is agter, van links: SP Deysel, Simeon Oosthuizen, mnr. André Latsky (skoolhoof), Karel Kleinhans en Clyde Lewis. Voor: Le Roux Pepler (spankaptein).
Atletiek:
Die Oakdale-atlete het veral op die baan beïndruk.
Puntetotaal
- o.14 - Oakdale 167, Boland 118;
- o.15 - Oakdale 256, Boland 117;
- o.17 - Oakdale 213, Boland 160;
- o.19 - Oakdale 236, Boland 138.
Totaal - Oakdale 872, Boland 533.
Oakdale wen gemaklik met 339 punte.
Toppresteerders
- Beste baanatleet o.14: SP Deysel met 'n tyd van 15.9s in die 100 m-hekkies.
- Beste baanatleet o.15: Simeon Oosthuizen met 'n tyd van 40.5s in die 300 m-hekkies.
- Beste baanatleet o.19: Clyde Lewis met 'n tyd van 11.2s in die 100 m.
- Beste veldatleet o.19: Karel Kleinhans met 'n afstand van 49.61 m in die hamergooi.
Meer as 250 leerders het aan somerinter-skole deelgeneem.
Die o.19A-span bestaan uit agter, van links: mnr. Coco Theron (spanbestuurder), Wimpie Helmand (afrigter), Willem Wessels, Derick Jooste en mnr. André Latsky (skoolhoof). Voor: Henk Smit en Gustav Smit.
Die o.19A-tennisspan bestaan uit Willem Wessels, Derick Jooste, Henk Smit en Gustav Smit; die o.15A-span is Jacobus Esterhuyse, Johan Lamprecht, Eathan Crouse en Emilio Silva en die o.15B's Günther von Below, Jan Heyns, Morné Scheepers en Pieter Marais.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'