SLANGRIVIER NUUS - Skaak, die sport van konings word met groot ywer en passie in dié dorp, maar veral by Slangrivier Primêre skool beoefen.
Sewe leerders verbonde aan die skool se skaakspan, is onlangs gekies om SWD Eden tydens die nasionale toernooi volgende jaar vanaf 4 tot 8 Januarie op Boksburg te verteenwoordig.
Delbert Adams, ’n leerder van Kairos Senior Sekondêre skool, maar wat sedert sy laerskooldae by Slangrivier Primêre skool onder hul vlerk is, gaan vanaf 14 tot 23 Julie aan die Interprovinsiale toernooi in Durban deelneem.
Volgens Gretha Conradie, hul skaakafrigter, het die leerders hul SWD kleure al vroeër vanjaar verwerf tydens die Wes-Kaap toernooie in Nuweland en Vredenburg, waar hulle almal goed vertoon het. Sy is veral trots op Adams wat met elke toernooi met rasseskrede verbeter. "Ek voorspel dat hy met sy volgehoue dissipline nog eendag sy nasionale kleure in die gesogte sport kan verwerf."
Conradie doen ’n dringende beroep op almal wat kan om die leerders finansieel te ondersteun, sodat hulle volgende jaar aan die nasionale toernooi kan deelneem. Skakel haar by 071 365 1440 of by die skool volgende kwartaal by 028 722 2385. (Clive Pretorius, korrespondent).
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'