HESSEQUA NUUS - Drie skeidsregters van dié streek is onlangs vereer.
Uitvoerende burgemeester Grant Riddles het onlangs as gasspreker by die SWD-skeidsregtersprysuitdeling op Mosselbaai opgetree.
Hy het gesê dat dit 'n besonderse prestasie vir SWD-rugby, sowel as Hessequa-munisipaliteit is.
Francois Davids is as beste eersteliga skeidsregter van die jaar aangewys. Die beste tweedeliga skeidsregter van die jaar is Charl Jacobs en Jaco Snyman is as mees belowende skeidsregter van die jaar aangewys.
Van links is Francois Davids, Charl Jacobs en Jaco Snyman.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'