RIVERSDAL NUUS - Hessequa-munisipaliteit werk hand aan hand met SWD-rugbyskeidsregters om hul te bemagtig vir die toekoms.
Die burgemeester het in samewerking met die bestuur van die SWD-rugbyskeidsregtersvereniging finansiële steun aan skeidsregters van die SWD verleen sodat hulle die 2018-kamp kon bywoon waar fiksheid en die nuwe reëls bespreek is.
Die kamp verrigtinge het reeds Vrydag 2 Februarie afgeskop met die verwelkoming deur die burgemeester, Grant Riddles.
Saterdagoggend moes die manne vroeg uit die vere om 'n fiksheidstoets af te lê.
Ander belangrike gaste wat die skeidsregterskamp bygewoon het is die Yantolo Banks (SA rugbyskeidsregtersbestuurder), Eugene Daniels (akademie bestuurder asook die president van SWD-rugby en portefeuljebestuurder, klubsake).
Banks het gesê: "SWD is 'n belangrike unie in SA rugby.
Ten opsigte van transformasie mylpale stap ons die ekstra myl om belowende skeidsregters te identifiseer vir opname in SA skeidsregterpanele en die akademie.
Van die manne wat die kamp bygewoon het.
"Die geleenthede is dus daar vir hardwerkende skeidsregters om 'n loopbaan in skeidsregtersskap te bekom."
SWD-rugbyskeidsregterbestuur bedank die burgemeester, SA skeidsregterafvaardiging en Hoërskool Langenhoven.
Lees 'n vorige artikel: Skeidsregters kry 'n hupstoot
ARTIKEL & FOTO'S: SAN-MARIÉ CRONJÉ, SUID-KAAP FORUM-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa news'